GEMSBOK-UPINGTON: As daar drie woorde is, wat enige iemand met kinderlike opgewondenheid vul - is dit “Ons gaan Plaastoe!”
Nie sommer enige plaas nie... Skaars ‘n katspoegie buite Upington -aan die voet van ‘n rooiduin en op die randjie van die wingerde, in die koelte van pragtige kameeldoringbome lê Plaastoe. Hier waar kinders kaalvoet in die rooisand speel, op die lowergroen grasperke kan baljaar en ouers heerlik agteroor kan sit met ietsie koel in die hand - dit is hier waar Marzanne Louw en haar pa, Jan Vorster, hulle liefde vir mense en die natuur gekombineer het.
Die hele familie is ook sommer hier op een of ander manier betrokke - of dit nou die bak van plaasbrood is, die oorsien van funksies of selfs net gou dorp toe ry vir voorraad - al die Louws en Vorsters van Plaastoe is hier betrokke. Selfs die kleinstes in die familie speel gasheer in die speel area!
Plaastoe is die perfekte venue vir kinderpartytjies, korporatiewe funksies, spanboue, skole uitstappies - eintlik enige tipe bymekaarkom vir oud en jonk. Jan se liefde vir die natuur het hy van vroeg af met sy dogters gedeel. Hy het hulle gereeld saam met hom die veld ingeneem en hulle op jagtogte en uitstappies van die natuur geleer. Dit is geen wonder dat Marzanne later jare gaan natuurbewaring studeer het - of dat sy vandag met gemak met kinders oor natuurbewaring kan gesels nie!
Plaastoe bied beslis iets vir elkeen. Die heerlike, veilige speel area onder die skadu bome - waar kinders kan baljaar, maak van Plaastoe ‘n fantastiese partytjie bestemming. Hulle staan ook gereed vir enige kombuistee’s, ooievaars, doeke braaie, mondigwordings ens. As jy nie op jou beste in die kombuis is nie, skakel gerus met Plaastoe se vriendelike personeel en vind meer uit oor hulle heerlike peuselborde, die vars plaasbrood op bestelling en hulle spysenie- ringsdienste. Dit lyk nie net mooi nie - dit smaak heerlik!
Onthou - Plaastoe is nie net ‘n naweek bestemming nie - waar anders kan jy jou kliënte met styl en steeds in die natuur onthaal om daardie belangrike kontrak te bespreek. Waarheen anders wil jy jou gewaardeerde personeel neem vir ‘n lekker impromptu spanbou sessie? Wil jy rugby kyk sonder jou wederhelfte wat kla oor die geraas en die gemors wat na die “game” agter gelaat word? Bespreek sommer vandag nog jou tafels en braaidromme by Plaastoe.. Dis beter as braai by die huis!