GEMSBOK-AUGRABIES: Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) vier met trots die 60ste herdenking van die Augrabies Waterval Nasionale Park.
Dit herdenk ses dekades van bestuur, van een van Suid-Afrika se mees skouspelagtige natuurlike landmerke en ‘n landskap ryk aan kulturele erfenis, biodiversiteit en geskiedenis. Bekend as “Aukoerebis”, wat die “Plek van Groot Geraas” beteken, het die waterval mense vir duisende jare geïnspireer.
Lank voor die park se proklamasie op 5 Augustus 1966, het gemeenskappe hulle langs die Oranjerivier gevestig, gelok deur sy lewegewende waters, terwyl generasies inheemse gemeenskappe die geestelike en kulturele betekenis van hierdie kragtige landskap erken het. Die reis na proklamasie het in 1954 begin, toe plaaslike bewaringsvoorstanders, ‘n petisie ingedien het dat die waterval ‘n nasionale park word.
Na meer as ‘n dekade van vasberadenheid en deursettingsvermoë, het hul visie werklikheid geword met die stigting van Augrabies Waterval Nasionale Park in 1966. Vandag bewaar die park ‘n uitsonderlike ariede ekosisteem wat die tuiste is van ikoniese spesies, insluitend klipspringers, Hartmann se bergsebra, kokerbome en die endemiese Augrabies plat-akkedis.
Die dramatiese 56-meter waterval en 18 kilometer lange granietkloof boei steeds besoekers terwyl dit die geweldige krag van die Oranjerivier ten toon stel. Oor die jare het Augrabies nie net bekend geword vir sy asemrowende natuurskoon nie, maar ook vir die fassinerende stories en legendes wat in sy geskiedenis verweef is. Dit sluit in die blywende storie rondom die geheimsinnige Grootslang wat glo in die waters onder die waterval voorkom, asook die opgetekende besoek deur ontdekkingsreisiger Hendrik Jakob Wikar in 1778.
Jy kan elke Vrydag jou gratis Gemsbok op WhatsApp kry! Volg die skakel - https://whatsapp.com/channel/0029VbCfMcCLtOj9eXoohS29
Popular on Aitsa
Stand-off: TotalEnergies demands key govt assurances before Venus investment
- one year ago
- 5219 Views
Budgetary allocations for Lüderitz State Hospital not utilised
- one year ago
- 4608 Views
Legal experts clarify Namibia’s age of consent laws
- one year ago
- 3041 Views
Never Miss A Post!
Sign up for free and be the first to
get notified about updates.
Search
YouTube Video
Recent Post
Wilderness Impact Challenge 2026 returns
- 6 months ago
- 613 Views
Plant wat 200 jaar lank vermis is, herontdek in Noord-Kaap
- 6 months ago
- 452 Views
"Ons gaan Plaastoe"
- 6 months ago
- 538 Views
Exploring the hidden world beneath our feet: Soil insects of the Richtersveld
- 5 months ago
- 526 Views
Copyright © 2026
Network Media
Hub
Network
Innovation Hub