GEMSBOK-KAKAMAS: Volgens die 3de gewasproduksievoorspelling vir Suid-Afrikaanse rosyne, is die verwagte rosyntjieproduksie 14% minder as wat aanvanklik geprojekteer is.
Dit is volgens die jongste voorspelling vir die 2025/26-seisoen, wat deur die Vine Academy and Model Farm (VAMF ) vrygestel is. Die Januarie 2026-skatting is gewysig na konsultasies met belanghebbendes en produsente oor hul ervarings met die oesseisoen tot dusver. Slegs produksie in sekere gebiede in die Noord-Kaap wat deur uiterste weerstoestande geraak is.
Die hoofredes vir nog ‘n afwaartse wysiging aan die gewasproduksievoorspelling is gebiede wat deur donsskimmel geraak is, was meer ernstig as wat aanvanklik verwag is, asook voortdurende hittegolwe in Januarie. Vroeë kultivars het ook nie goed geset nie en het baie los trosse gehad en gevolglik minder geweeg.
Algehele opbrengste langs die Benede-Oranjerivier is minder as in die 2024/25-seisoen. Die verwagte gemiddelde opbrengs is 6,3 ton per hektaar na die wysiging. Die streekproduksievoorspelling dui dat Noord-Kaap: 66 442 (76,8%), Wes-Kaap: 15 058 ton (17,4%), Namibië: 2 000 ton (2,3%) en ander (dit sluit tafeldruiwekorrels en eksperimentele kultivars in): 3 000 ton (3,5%) 2 300 ton Noord-Kaap en 700 ton Wes-Kaap kan produseer.
Die vierde beraming word op 13 Maart 2026 vrygestel en die finale geverifieerde produksiesyfer sal op 30 Junie 2026 beskikaar wees. VAMF sal voortgaan om die seisoen te monitor, en verdere beramings sal in lyn wees met die VAMF se produksievoorspellingskedule.