GEMSBOK-UPINGTON: Die tweede Diamond Gospel Music Awards word die jaar in die Rivierstad aangebied.

Die organiseerders is baie opgewonde omdat hierdie toekenningsgeleentheid nou in Upington gehou gaan word. Dit word vir 26 September beplan en kunstenaars, liedjieskrywers, promotors word uitgenooi om aan die kompetisie deel te neem.

As voorloop vir hierdie kompetisie is ‘n inligtingsessie by die Sandile Prosente Biblioteek op Vrydag, 6 Februarie gehou. Die geleentheid was bygewoon deur mense wat belangstel om te registreer vir die kompetisie of meer inligting wou hê. Om geld in te samel vir die Diamond Gospel Music Awards is daar ook ‘n Valentynsfondsinsameling op 7 Februarie gehou. 

Vir meer inligting oor die Diamond Gospel Music Awards kan dr. Dorothy Mazingani by 074 055 3604 of Daniel Olivier by 074 701 6344 geskakel word.