'n Landdros op Keetmanshoop staar ernstige beweringe van wangedrag in die gesig, nadat dit aan die lig gekom het dat sy 'n saak van kinderonderhoud hanteer het wat 'n man betrek by wie sy toe romanties betrokke was en later ook sy kind gehad het.
Die saak wentel om Lucia Hamana, voorheen Karawora wat deur haar voormalige man Heinrich Karawora in September verlede jaar hof toe geneem is om N$1 600 per maand onderhoud vir hul twee kinders te betaal.
Die saak het voor landdros Unchen Konjore gedien wat volgens Hamana nou saam met dieselfde twee kinders bly vir wie sy (Hamana) opdrag gegee is om onderhoud te betaal.
Hamana is uiteindelik beveel om N$1 600 per maand in onderhoud te betaal, 'n bedrag wat volgens haar regspan Metcalfe Beukes Attorneys op haar afgedwing is sonder enige ondersteunende dokumentasie van die klaer (Heinrich) en wat ver buite haar finansiële vermoëns is.
Hamana se se regspan het gevolglik Vrydag 'n formele aanmaningsbrief teen landdros Konjore uitgereik waarin sy beskuldig word van bevooroordeelde optrede, magsmisbruik en oortredings van regsetiek. Laasgenoemde sluit die gedragskode vir landdroste van 2010 in. Die regspan eis nou N$200 000 in vergoeding vir wat dit noem die "kwaadwillige en onbetroubare" optrede van die landdros. Sou die landdros versuim om die bedrag teen 21 April 2025 te betaal, sal regsprosedures volg.
Beweerde konflik van belange
Die brief wat deur Netwerk Media Hub (NMH) gesien is, wys dat Konjore in 'n seksuele verhouding met Karawora was terwyl sy die saak aangehoor het. Ten spyte van hierdie konflik van belange, het sy na bewering versuim om haar te verskoon en het voortgegaan om dit aan te hoor.
Die regspan beweer verder dat Hamana nie 'n regverdige kans gegee is om haar kant van die saak tydens die verhoor te stel nie en dat die landdros versuim het om haar bewyse voldoende op te weeg nie.
Nadat sy gesukkel het om by te hou met die hoë betalings vir onderhoud, het Hamana agterstallig geraak. 'n Lasbrief vir haar inhegtenisname is gevolglik op 4 Janaurie 2024 uitgereik wat glo deur Konjore onderteken is.
Op 15 Februarie verlede jaar het Hamana aangemeld by die polisiestasie op Keetmanshoop waar sy in hegtenis geneem en sonder kos of water aangehou is. Volgens haar het sy nie die dag in die hof verskyn nie.
Mamana is oorgeplaas na die polisiestasie op Bethanie sowat 140 km verder waar sy die nag in aanhouding deurgebring het, voordat sy die volgende terug Keetmanshoop toe gebring is.
"Ons kliënt is die volgende dag terug na die Keetmanshoop-landdroshof gebring waar sy in aanhouding sonder kos en water gebly het. Sy het eers om 18:06 in die hof verskyn waar borgtog van N$5 000 aan haar toegestaan is," lui die brief.
Sedert 4 April, die dag wat die aanmaningsbrief uitgereik is, het die kantoor van die regbank volgens haar regspan nog nie 'n openbare verskoning uitgereik nie. Pogings om toe kommentaar van landdros Konjore te kry, was ook onsuksesvol.
Vreedsame protes
Inwoners van Keetmanshoop het ses maande gelede 'n vreedsame protes gelei waartydens hulle aangedring het op die onmiddellike verwydering van Konjore. Volgens 'n petisie deur die jeugvleuel van die Landless People’s Movement (LPM) vra inwoners vir haar onmiddellike skorsing nadat sy verskeie sake, insluitend een van brutaliteit aan die hand van die polisie teen Elleste Plaatjie, van die hofrol geskrap het.
In Januarie 2023 is twee polisiebeamptes daarvan beskuldig dat hulle Plaatjie (31) in Keetmanshoop wreed aangerand het en wat tot sy dood 'n week later in die Katutura-hospitaal in Windhoek gelei het.
In January 2023, two police officers were accused of brutally assaulting Plaatjie (31) in Keetmanshoop,
Die petisie het beweerde wangedrag aan die kant van die polisie, teenstrydighede aan die kant van die regbank asook teenstrydighede in bestuur van sake as kernkwessies tot kommer uitgelig.
Konjore is ook daarvan beskuldig dat sy mense in die landdroshof intimideer.
"Sy dreig almal met wie sy 'n persoonlike vete het of wat sy beskou as 'n sekere houding sou hê of wat geaffilieer is met iemand van wie sy hou nie, dat sy hulle in die hof sal hanteer. Sy gaan sover om sake van ander landdroste te vat net om sake te kry waarin sy belangstel. Niemand waag dit om iets te sê nie, want dan is jy volgende," lui die petisie. - republikein@republikein.com.na