Die Sperrgebiet Ope in Oranjemund is jaarliks een van die Namibiese Amateurgholfunie se toernooie landswyd wat vir spelers punte op die nasionale merietelys verdien.

By die 2026-toernooi op 11 en 12 April was 71 spelers (67 mans en vier vrouespelers) in aksie, insluitend tien besoekers uit Namakwaland in Suid-Afrika. Dit was ’n naelskraapse oorwinning vir Jamian Cloete van Springbok-gholfklub met ‘n bruto telling van een hou voor Jaque Basson (Black Mountain-gholfklub van Aggeneys) en Edwin Kutara (Oshakati-gholfklub). Dit was die 31ste jaar dat Vivo Energy Namibia die titelborg van die Sperrgebiet Ope was.

Die voorste uitslae: Algeheel beste bruto (toernooiwenner): 1 Jamian Cloete (233), 2 Jacques Basson (234). Algeheel beste netto: 1 Fabie Shilongo (C-afdeling, 209, op uittel), 2 Hennie Kamfer (C-afdeling, 209). A-afdeling beste bruto: 1 Edwin Kutara (234), 2 Nico Maass (241). A-afdeling beste netto: 1 Raymond Nel (223), 2 Willem Beukes (227). B-afdeling beste bruto: 1 Lukas Steven (253), 2 Jivino Polster (257). B-afdeling beste netto: 1 Jacques Rademeyer (222), 2 Helmut Ndjendja (224). C-afdeling beste bruto: 1 Theo Kafita (270), 2 Thomas Shitaleni (272). C-afdeling beste netto: 1 Patrick Loxton (223), 2 Yolanda Pienaar (223). D-afdeling (netto): 1 Terrance Holland (79), 2 Frans Jooste (77), 3 Joseph Matare (74), 4 Quintin Hanstein (73).