GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Munisipaliteit is vir ‘n tweede termyn glo aangewys as die Beste Presterende Munisipaliteit in die Noord-Kaap met ‘n voortdurende toename in puntetelling ten opsigte van die Groen druppel. 

‘n Tegniese Terreinassessering (TSA) van die Kameelmond (Upington) Afvalwaterstelsel van 77% is behaal, wat ‘n belangrike mylpaal is. In Mei 2025 is DKM geoudit deur die Departement van Water en Sanitasie se eksterne paneel van 21 Groen Druppel-ouditeure, insluitend ‘n onafhanklike hoofinspekteur, assistent-inspekteur en DWS-inspekteurs, in die verpligte Groen Druppel-regulatoriese ouditproses.

“Dit is opmerklik dat 848 stelsels nasionaal geoudit is,” skryf mnr Patrick Williams, kommunikasie hoof by DKM, in sy persverklaring. Wiliams sê die oudit behels die assessering van die kapasiteit van personeel, gehaltebeheer, omgewingsbestuur, finansiële bestuur en tegniese bestuur in afvalwaterbehandeling en -bestuur. Dit is die toesig- en regulatoriese instrument wat die Nasionale Departement gebruik om waterbronne te beskerm en volhoubare water- en afvalwatervoorsiening te verseker. DKM was die enigste Munisipaliteit in die Noord-Kaap Provinsie wat nie onder 31% behaal het nie. Geen stelsels is van die oudit gediskwalifiseer of stelsels is onder Regulatoriese Fokus geplaas nie. 

Verder word groen druppel sertifisering en toekennings vir organisasies, spanne en individue erken vir uitstaande prestasie of beste vordering in die volgende kategorieë:

1. Beste Provinsiale Risikobestuurders – Laagste KRR% [Erkenning in die Verslag]: DKM Provinsiale 2de Plek (risikogradering verlaag van vorige ouditsiklus).

2. Erkenning van Individue en Groen Druppel Kampioene Nasionaal: DKM Leoné Sago (Beheertegnikus Waterproduksie, Rioolbehandeling), onder bestuurders van die Stad Kaapstad, Saldahnabaai, eThekwini MM en uMngeni-uThukela Water, Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit, Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit, Langeberg Plaaslike Munisipa- liteit, Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit, Tswelopele Plaaslike Munisipaliteit, Ngaka Modiri Molema Distriksmunisipaliteit Mbombela, Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur WC. Die Kameelmond Afvalwaterbehandelingsaanleg is tans in die opgraderingsfase wat binne 2026 sal begin.

Kry jou vars nuus op Gemsbok se WhatsApp channel. Klik die skakel https://whatsapp.com/channel/0029VbCfMcCLtOj9eXoohS29