GEMSBOK-UPINGTON: Bonsai-liefhebbers kan nou kom kers opsteek by André van Niekerk, wie hom verlede jaar op Upington gevestig het. Hy het gou navraag gedoen of daar ‘n klub op Upington is en vinnig het hy mense ontmoet wat ook die stokperdjie beoefen. Obie en Karin Oberholster, wie al jare die stokperdjie beoefen, het André aan die Gemsbok bekend kom stel. Bonsai is die Japannese kuns om miniatuurbome in houers te kweek, deur tegnieke soos snoei, bedrading en versigtige natmaak te gebruik om groei te beperk.
André sê Bonsai is ‘n “living art”. Dis iets wat bly verander en bly groei. Die afgelope nege jaar is dit sy passie. Daarna het hy verskeie kursusse deurloop en homself deur aanlyn video’s geleer. Om Bonsai bome te versorg en te help vorm, is baie terapeuties. Soos die jare gevorder het, het hy meer en meer bome aangekoop. Hy het selfs al meer as 2 000 bome gehad wat hy moes versorg.
André sê baie mense beoefen Bonsai as ‘n stokperdjie. “Veral gedurende Covid het baie mense daaraan begin belangstel.” Oud en jonk kan hierdie stokperdjie beoefen. Hy sê om die boompie te buig terwyl dit jonk is, word defnitief by die versorging van Bonsaibome toegepas. “Beter om ‘n boompie van jongs af te vorm. Die belangrikste om in gedagte te hou, is dat die Bonsai moet lyk soos wat ‘n boom in die natuur lyk.
Om ‘n Bonsai-boompie as geskenk te kry, is nou die “in ding”, maar hoe gemaak om dit verder te versorg. Hier volg ‘n hele paar punte om te volg om ‘n boom lewendig en gesond te hou. Water: Die fyn wortels moet altyd nat (klam) wees, maar nie in water staan nie (soggy = wortels vrot en boom gaan dood). Behalwe by water liefhebbende boomsoorte soos bv Wilgerboom, Swamp cypress en Tea bush - hulle kan 24/7 in water staan. Gee ‘n boom water wanneer die eerste 1cm bo die grond droog is en goed water gee, totdat pot heeltemal vol is en dan dreineer.
Sonlig: Bome groei buite in natuur en het sonlig nodig om te fotosinteer. Oor die algemeen moet die bome vier ure in direkte son of semi-daglig wees. Die beste son is vroegdag tot so 11 uur en laat middag van 5 nm tot son onder (Upington) gedurende somermaande. Bome wat minder direkte son nodig het, sal byvoorbeeld onder hoër bome in natuur groei. Dus, as jy ‘n boom in jou huis vertoon, is dit belangrik om dit naby ‘n venster te plaas (maar ten minste 1/2 meter weg). Jy sal sal sien bome binnenshuis groei ook vinnig lank en skraal na die son se kant toe. *Ficus boomsoorte doen beter binnenshuis as ander soorte.
Dreinering en grondmengsel asook suurstof : Dit is belangrik dat jou pot of houer gate onder die pot het, sodat oortollige water uit kan dreineer. Dit moet goed kan dreineer sodat ou suurstof uitvloei en vars suurstof by die grondmengsel indring - fyn wortels het balans van water en suurstof nodig vir gesondheid van boom. Snoei: Die mees basiese tegniek, wat gebruik word om die vorm te behou en blaargrootte te verminder. Bedrading: Draai draad om takke om hulle te buig en te posisioneer, wat kreatiewe stilering moontlik maak.
Voeding: Gee in lente en herfs voeding.
Elke keer wat ons water gee (potte), dreineer voeding uit en dus vervang ons dit in die groeiseisoen (lente). Bome groei ook in herfs, dis ‘ n tweede groeiseisoen (wortels en stam).
In die winter hiberneer die bome - ook in die somer (minder). Voeding verskil volgens stadium van boom se ontwikkeling. Groeiende bome - NPK (vleis ) Nitrogen, Phosphorus en Potassium. Hulle het ook supplemente nodig soos Trelmix (groente en vrugte). Dis belangrik om jou bome in die winter te beskerm. Tropiese en sub-tropiese bome moet in ‘n tonnel gesit word. Bome wat buite staan moet saans in die huis of jou motorhuis gesit word om hulle te beskerm teen koue wintersaande.
Spesies vir Bonsai :Inheems - Doringbome bv Swart Apies (Burkei) en Apies (Galpinii ) Kremetart ( Baobab ),Wit Stinkhout (Celtis ), Wilde olyf ( Olea europea )Ficus ( meer gesogde is Burtt davyii nana ). Uitheems: Elms (Chinees), Bougainvilleas, Juniper procumbens , Maples (Chi en Jap) en Vuurbessies. Gewone boomsoorte (veral klein blaar tipes is meer gewild ), asook verskillende blomsooorte en dwerg tipe vrugtebome en bessie soorte kan gebruik word.
** Persone in en om Upington hoef nou nie ver te gaan soek na iemand wat hulle van hulp kan wees nie. Kontak André van Niekerk vir meer inligting of om ‘n beginnerskursus by te woon. Die Kalahari Bonsai-klub kom elke tweede Saterdag bymekaar. Skakel André by 076 621 1260 vir meer inligting. Volg Gemsbok se WhatsApp-kanaalkanaal deur op die skakel https://whatsapp.com/channel/0029VbCfMcCLtOj9eXoohS29 te klik.