GEMSBOK-KAKAMAS: Met die tema “Raisin the Bar: Smart Strategies and a Grape Future for South Africa”, het die Raisins SA/Nedbank Simposium 2025 beloof om weer ’n hoogtepunt op die bedryfsagenda te wees.


Die simposium vind op 31 Oktober 2025 by die Vine Academy and Model Farm in Kakamas plaas en bring produsente, kenners en bedryfsrolspelers byeen om te fokus op strategiese groei, innovasie en volhoubaarheid in die Suid-Afrikaanse rosyntjiebedryf. Die dag se program skop af met Daneel Rossouw van Nedbank, wat fokus op ervare en gefokusde fi nansiële beplanning om produksie-eff ektiwiteit op die plaas te verhoog — ’n noodsaaklike aspek vir winsgewende boerdery in ’n uitdagende ekonomiese klimaat.


Volhoubare waterbestuur en klimaatsaanpassing bly sentrale temas. Fritz Bekker van Gariep Watch bespreek die herklassifi sering van die Benede-Oranjerivier, terwyl Johan van den Berg insig bied in die invloed van klimaatsverandering op riviervloei en weervooruitsigte vir 2026. Hierdie sessies beloof waardevolle perspektiewe vir produsente wat hul beplanning en risiko’s moet aanpas by veranderende omstandighede. Met insette van Netafim word besproeiingsdoeltreff endheid onder die loep geneem — ’n kernfaktor in moderne, waterbewuste produksie.


Stefan Jordaan van die Vine Academy and Model Farm (VAMF) bespreek geleenthede en uitdagings in die produksie van rosyne vir die uitvoermark, sowel as nuwe variëteite vir ’n druiwetoekoms. Daarby gee Charl Koortzen van Frudata ’n praktiese padkaart na winsgewende rosynboerdery, wat produsente toerus om markbehoeftes beter te verstaan en te benut. Die Departement van Landbou fokus op die Oriental fruit fl y-quarantine met insette deur Godfrey Makhubele, Emily Munganga, Charles Nengovhela, dr. Rendani Muluvhu en Julie Mokwele. Hulle bespreek die huidige status van vrugtevliegbeheer, regulatoriese vereistes en samewerkingsgeleenthede tussen regering en industrie.


Deelnemers kry ook die geleentheid om praktiese kennis op te doen. Dawie du Plessis van Agricol bied ’n sessie oor die implementering van dekgewasse en die voordele daarvan, terwyl dr. Andries Daniels en Abraham Vermeulen van die VAMF, deelnemers neem op ’n proewe-toer deur die modelplaas. Die dag sal op ’n gepaste noot eindig met ’n skemerkelkie in die wingerd, waar deelnemers verdere netwerkgeleenthede kan benut. Met ’n vol program van 11 kundige sprekers en ’n reeks praktiese sessies, beloof die 2025 Raisins SA/Nedbank Simposium om die bedryf se fokus op innovasie, samewerking en volhoubare groei verder te versterk — en werklik die maatstawwe vir die toekoms van die rosyntjiebedryf te verhoog. Kontak Chantelle Kotze by chantellek@raisinsa.co.za vir meer inligting of om te registreer. Volg die skakel: https://tinyurl.com/gemsbok-17oct2025 vir die aanlyn weergawe van die Gemsbok

Facebook