GEMSBOK-KAKAMAS: Lauren Cloete, ‘n pratige matrikulant van Hoërskool Martin Oosthuizen, het gekwalifiseer om van 10 tot 20 Februarie as model deel te neem aan New York Fashion Week in New York, Amerika.

Lauren wat reeds vier jaar lank afgerig word deur Dawrette Heyns, is ook raakgesien deur die agentskappe Beauty Is Everywhere en HiTechModa, wat beteken sy gaan in drie verskillende vertonings in Amerika stap – ’n uitsonderlike prestasie op só ’n jong ouderdom.

Haar storie is ’n bewys dat toewyding, dissipline en geloof in jouself drome kan verander in realiteit. Wanneer jy volhard, jou passie uitleef en nooit jou visie prysgee nie, maak die wêreld plek vir jou om te skitter.

Die Dawrette Heyns Modelskool is ongelooflik trots op Lauren. “Gaan wys die wêreld wat moontlik is wanneer harde werk en geloof hande vat,” het Heyns haar aangemoedig.